![]() THE MOUNTAIN BETWEEN US The Mountain Between us het ‘n 13 ouderdoms beperking en is ‘n Romantiese Drama met Idris Elba and Kate Winslet. Dis ‘n storie van oorlewing wat handel oor ‘n foto joernalis, Alex (Kate Winslet), van Titanic faam, wat saam met Ben (Idris Elba), die neurochirurg in ‘n vragvliegtuigongeluk beland en in die sneeu op ‘n berg moet oorleef saam met ‘n hond. Die storielyn is interessant aangesien oorlewings stories van nature interessant is en die twee akteurs is uitstekend in hierdie rolle. Die fliek is vanaf vandag in Teaters landwyd. Die Direkteur is Hany Abu-Assad wat twee keer vir Oscars genomieer wat vir Paridise Now en Omar Die fliek word uitgebring deur Twentieth Century Fox Film Corporation en het met sy opening in Oktober 45.6 miljoen USD by die lokket verdien. Dis vermaaklik en ‘n fliek wat sorg vir ontspanning, maar ouers moet net let op die seks tonele wat dalk nie geskik sal wees vir kinders onder 17 jaar nie.
0 Comments
Leave a Reply. |
FOKUS OP...MET MARIANNE VAN NIEKERK Archives
March 2018
|